about

Dit is hier waar die belofte begin,
die avontuur van die liefde,
die belofte dat jul mekaar vir altyd sal bemin.

n Geskilderde troue knus geleë tussen die Waterberg.
Uniek, asemrowend en enig in sy soort,
met n stoep rooier as Robyn wat uitkyk oor die lieflike Granadilla boord.
Asemrowend en prentjie mooi!

Saam met familie & vriende word dié dag gedeel
deur n glasie te klink en heerlike boerekos te waardeer.
Herinneringe wat gekoester sal word soos n juweel.

Die onthaal het n onbeskryflike atmosfeer
daarom nooi ons jul om die bruilof hier te kom deel.
Mooiplaas is beslis iets besonders & soveel meer,
ons stukkie Kaap in die hartjie van die Bosveld!

Die Bruilof


Hier word die belofte gemaak onder die groot Wildevy-boom met n prentjie mooi agtergrond van die granadilla boord.
Vir die meer tradisionele bruidspaartjie is daar die opsie om in een van die lieflike kerke op die dorp Nylstroom te trou wat ongeveer 10km vanaf Mooiplaas is.

Kliek hier onder vir meer inligting oor ons beskikbare fasiliteite.

Ons indrukwekkende saal kan ‘n minimum van 70 gaste en ‘n maksimum van 300 gaste akkommodeer.

Elke bruilof verdien n kenmerkende feesmaal! Gaste geniet n heerlike broodtafel, voorgesit met n verskeidenheid peuselhappies en sit aan vir n hoofmaal wat enige mond sal laat water.

Laat dit in ons hande oor om te verseker dat julle bruilof stresvry en glad sal verloop. Ons bekwame personeel is bereid om die ekstra myl te gaan sodat jul hierdie dag kan geniet saam met geliefdes, familie en vriende.

Ons pakket sluit die volgende in:
Gebruik van die venue vanaf 08h00 tot 24h00.
Skoon maak en help met die opstel van die onthaal area.
Kelners en kroegmanne.
˜˜˜Alle breekware en eetgery.
Rhodesian Teak houttafels.
Gemaklike houtstoele.
Kristal wyn- en sjampanjeglase met glas-sjampanje houers.
Veilige parkering. Kinder speel-area.
Gelisensieërde kontantkroeg met kaart fasiliteite beskikbaar.
Wynkelder.
Bystand-Kragopwekker.
Trou koördineerder op die dag.
Gratis driegang maaltyd.

Datum is slegs vas bespreek wanneer die nie-terugbetaalbare deposito van R15 000.00 betaal is.
50% van die pro-forma faktuur moet betaal word 6 maande voor die troudatum.
75% van die pro-forma faktuur moet betaal word 3 maande voor die troudatum.
˜˜˜Die uitstaande balans en enige ander kostes moet klaar betaal wees 2 weke voor die troudatum.
Die venue is beskikbaar 2 dae voor die troudatum vir enige voorbereiding en opmaak van die venue.

Venue huur fooi:
70-79 gaste: R15 000,00
80-89 gaste: R10 000,00
90-99 gaste: R 5 000,00
100 gaste: Gratis
Décor, blomme, troukoek en DJ word afsonderlik gekwoteer volgens die vereistes van die bruid en bruidegom.

- Die aanvanklike deposito vir die venue huur is nie terugbetaalbaar.
- Indien die troue minder as 6 maande voor die troudatum gekanselleer word, is daar n heffing van 20% op die finale bedrag.
- Indien die troue minder as 3 maande voor die troudatum gekanselleer word, is daar n heffing van 50% op die finale bedrag.
- Indien die troue minder as n 1 maand voor die troudatum gekanselleer word, is daar n heffing van 100% op die finale bedrag.

Verblyf op Mooiplaas

Queen bed | Enkel bed | En-suite badkamer | Hoof sit-en eetkamer | kroeg | Kombuis ten volle toegerus | DStv | Braaifasiliteite | Swembad

Mooiplaas Lodge bestaan uit 4 luukse Chalets en n 6 slaapkamer huis wat n maksimum van 20 mense kan akkommodeer.
Die lodge is slegs n paar 100m vanaf die venue waar gaste die asemrowende uitsig van die granadilla boord kan geniet.
Voorgestelde aankomstyd is na 12h00. Kamers moet ontruim wees teen 11h00 vir arriverende gaste.
n Reeling kan getref word indien gaste graag vroëer wil inboek of later wil ontruim

Kontak Ons

Om ons te kontak of vir algemene navrae, vul in die onderstaande vorm, en ons sal jou so gou as moontlik terug kontak.
Mooiplaas kan slegs per afspraak besigtig word. Skakel ons asb om n afspraak te maak.

Top