Hallo &
welkom

Hier, onder die skadu van ‘n majestueuse wildevyboom, ontvou die verhaal van liefde – ‘n onvergeetlike avontuur van twee sielsgenote wat belowe om mekaar vir altyd lief te hê. Mooiplaas, genestel tussen die skilderagtige Waterberge net buite Nylstroom, bied paartjies ‘n unieke trouvenue wat klassieke bekoring kombineer met die ongerepte skoonheid van die Bosveld. Met ‘n stoep so rooi soos robyn wat oor ‘n lieflike granadillaboord uitkyk, skep hierdie prentjiemooi ligging die perfekte agtergrond vir julle spesiale dag.

Omring deur geliefdes, kan julle gesellig kuier, smaaklike boerekos geniet en ‘n glasie klink op die nuwe lewe wat wag. Mooiplaas is nie net ‘n venue nie – dit is ‘n ervaring, ‘n plek waar herinneringe geskep en gekoester word. Met ‘n rustige atmosfeer en die stilte van die Bosveld, is Mooiplaas die ideale toevlugsoord vir paartjies wat ‘n onvergeetlike naweek wil beleef. Ons toegewyde span sal elke detail na jou wens uitvoer, sodat julle jul spesiale dag sorgeloos kan geniet.

Kontak ons vir meer inligting en ons pakkette.

Algemene
  vrae

Waar kan ek die pakket kry?

Ons pakket is ongelukkig nie op die webtuiste beskikbaar nie, maar stuur gerus vir ons ‘n epos om dit te ontvang.

Mooiplaas is geleë in Modimolle, Limpopo.

Ons het twee verskillende pakkette beskikbaar:
Die eerste pakket is geskik vir kleiner troues van 50-59 gaste en ons tweede pakket is geskik vir 70-300 gaste.

Mooiplaas bied pragtige bosveld-selfsorg-akkommodasie op ons perseel, geskik vir tot 22 gaste. Die akkommodasie sluit ’n ruim 6-slaapkamerhuis en 5 knus rondawels in. Die lodge is slegs ’n paar honderd meter vanaf die venue geleë, waar gaste die asemrowende uitsig oor die granadillaboord kan geniet.

Ons nuutste toevoeging tot die venue is Bergbruidjie – ‘n eksklusiewe en privaat ruimte wat perfek is vir die bruid en haar gevolg om in styl voor te berei vir die groot dag.

Bied julle naweek troues aan?

Die bruidspaar en hul gaste is welkom om die aand voor die troue ’n gesellige saamkuier met familie en vriende te geniet, hierdie samekoms is geskik vir tot 40 gaste. Die troue word dan die Saterdag gehou en op ‘n Sondag boek mens uit om 10:00.

Ons het ‘n lys beskikbaar van oulike gastehuise rondom ons. Julle kan my gerus kontak om die lys te ontvang.

Ons kan jou beslis help!
Stuur vir my ‘n epos om die lys te ontvang.

Alle spyseniering vir ons funksies word met trots deur
ons ervare span hanteer. By Mooiplaas glo ons dat elke
bruilof ’n unieke feesmaal verdien, en ons is trots daarop
om hartlike, boerekos voor te sit wat nie net heerlik
smaak nie, maar ook jou gaste se harte sal verwarm.
Ons buffetstyl-spyseniering bied ’n verskeidenheid
geregte wat elke gas se voorkeure aanspreek. Van ’n
oestafel as voorgereg, tot ‘n spit, pampoenkoekies
en ‘n kraakvars slaai, elke dis is gemaak om
’n nostalgiese, huislike gevoel te bring. Ons voorsien ook
spesiale opsies vir dieetvereistes, indien nodig.

0x6a1475
499863597 1453944868919337 2721458349916265658 n
a & m wedding
499863952 1453946855585805 7044560668410281934 n
a & m wedding
a & m wedding
ceremony od 6
janicke & viljoen wedding 2025
nicoleanddevan od 5
nicoleanddevan od 78
evert & jo mari troue
evert & jo mari troue